Sport op TV verdryf politieke sooibrand

Een van die voordele van opwindende sport wat regstreeks op televisie uitgesaai word, is dat dit die kykers help om van politieke sooibrand ontslae te raak.

En noudat daar juis ʼn oormaat politieke onsmaaklikheid is, sal dié naweek se ses Superrugbywedstryde, Indiese Premierliga-krieket, puik tennis in Monte Carlo, gholf in Amerika en verskeie ander sportsoorte broodnodige verligting verskaf.

As die Lions, Sharks en Stormers hul kant bring, soos die SA sewesrugbyspan verlede week, sal dit veel tot die genot van die lang naweek bydra.