Verandering van spyse op naweek se sportlys

Spantennis  verskaf dié naweek die verandering van spyse waarna sportliefhebbers soms op televisie soek.

Die voorste spelers ter wêreld,  met die uitsondering van Rafael Nadal, ding in twee spanne om die Laverbeker mee. Suid-Afrika se Kevin Anderson speel vir die Res van die Wêreld teen Europa, wat Novak Djokovic en Roger Federer in die voorste linie het.

Die toernooi in Chicago word regstreeks op televisie uitgesaai en die dubbelspelkombinasies sal net soveel aandag trek soos die enkelspelkragmetings.

Suid-Afrika se netbalspan speel in Melbourne in ʼn vierhoekige reeks teen Engeland en drie  Curriebekerwedstryde sal tot die naweek se opwinding op TV bydra.