Nou moet Cheetahs ‘Saders aarde toe probeer bring

Die Crusaders, wat verlede week met die Stormers se reputasie gemors het, kan dié naweek in die Vrystaat aarde toe gebring word.

Terwyl die Kapenaars hul verflenterde aansien probeer lap wanneer hulle Vrydag in Dunedin teen die Highlanders speel, haal die Cheetahs hulle oor om teen die einste Crusaders te wys die Nieu-Seelanders kan darem nie teen almal maak en breek soos hulle wil nie.

Dié wedstryde en ses ander in die Superreeks word regstreeks op televisie uitgesaai.

Daarby kan sportliefhebbers uitsien na dekking van die Russiese Grand Prix, groot tennis in Barcelona, voortreflike gholf in China en New Orleans en nóg opwindende T20-krieket in Indië.