Curriebekerrugby bied dalk ʼn paar oplossings

Miskien is daar ʼn paar Curriebekerspelers wat ná verlede week vir die Springbokspan oorweeg moet word.

Dit is een van die redes dat rugbygeesdsriftiges hul aandag sal toespits op wedstryde  waarin die Westelike Provinsie, die Haaie, die Blou Bulle en ander spanne dié naweek speel. Dié rugby sal die ondersteuners in elk geval nie so ontstel soos ... jy weet mos...

Krieket, motor- en motorfietsrenne, tennis en gholf sal TV-kykers ook kans bied om opwinding en skouspelagtige aksie te geniet totdat die seerplekke herstel het.