Op Dinsdag die 15de Oktober het die Hoërskool Merensky se swemspan aan die Limpopo Top 10 skolekampioenskap in Polokwane deelgeneem.

Die beste individuele prestasie vir die byeenkoms het aan Merensky se Ruan Hanaczeck-Kruger gegaan vir sy 50m vlinderslag items prestasie waarvoor hy 811 punte verdien het. Hierdie prestasie veral het aan hom die Senior Victor Ludorum toekenning besorg.

Ruan Hanaczeck-Kruger het ‘n rits eerste plekke en tweede plekke behaal wat die Senior Victor Ludorum toekenning syne gemaak het.

Hy het in die afdeling vir seuns 16 tot 18 jaar die 200m individuele wisselslag item met ‘n tyd van 2:14,81 gewen en sodoende die bestaande rekord verbeter. In die 100m rugslag item vir seuns 17 tot 18 jaar het Hanaczeck-Kruger weer die botoon gevoer met sy oorwinning in ‘n tyd van 1:00,55. Hy het ook in die proses die rekord in hierdie item verbeter.

Hanaczeck-Kruger het in die afdeling vir seuns 17 tot 18 jaar die 50m vlinderslag item in ‘n tyd van 25,93 gewen. Hy het verder tweede plekke in die 50m rugslag (29,34 sekondes) en 100m vlinderslag (1:00,12) items behaal.

Ronan Theron het in die afdeling vir seuns 16 jaar deelgeneem waar hy twee eerste plekke agter sy naam geskryf het. Hy het in die 100m vlinderslag (1:02,00) en in die 50m vlinderslag (26,96) hierdie eerste plekke behaal.

Daniel Smit wie in die afdeling vir seuns 16 jaar deelgeneem het, spog met eerste plekke in die 50m vryslag (27,02) en 100m rugslag (1:06,90) items. Smit het in die 100m vryslag item (58,91) ‘n tweede plek bereik en in die 50m rugslag item (31,32) ‘n derde plek behaal.

Donia Smit wie in die afdeling vir meisies 13 tot 14 jaar geswem het, het die eerste plek vir die 100m vlinderslag item (1:35,52) agter sy naam geskryf. Sy was tweede in die 100m rugslag item (1:22,94).

Amelia Booth het in die afdeling vir meisies 15 jaar deelgeneem. Die eerste plek het Booth telkens ontwyk in die vier items waarin sy deelgeneem het en het vier derde plekke behaal. Sy het die derde plekke in die 50m rugslag (38,95), 100m vlinderslag (1:20,93), 50m vlinderslag (34,77) en
100m rugslag (1:23,49) behaal.

Aldo van der Vyver wie in die afdeling vir seuns 15 jaar geswem het, het die derde plek in die
50m rugslag (37,22) agter sy naam geskryf.

Merensky se 200m vryslag-aflos seunsspan het in die 15 jaar afdeling die derde plek (2:04,06) ingeneem. In die 200m vryslag-aflos item vir seuns 16 jaar het die Plasies met ‘n tyd van 1:55,27 weer ‘n derde plek ingeneem.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first