Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging (BJV) se Letaba-tak was Saterdag die gasheer van die jaarlikse BJV Groeperingskiet geleentheid. Dit was veral die junior skut Dré Jonker wat in verskeie afdelings vernuftige geskiet het om die kollig te steel.

Cobus de Lange was die voorste skut in die opeklas se 100m groeperingskiet afdeling met ‘n puntesyfer van 4.05. In die tweede plek was Brendon Steyn met ‘n syfer van 4.51 en Gert Nell met ‘n syfer van 4.54 het die derde plek ingeneem. Lizelle Reynolds wie negende algeheel in hierdie afdeling was, het die afdeling vir vroue algeheel gewen.

Die 50m staande kompetisie in die opeklas is deur Dawie Botes gewen. Die tweede plek het aan Jannie van Zyl gegaan met die junior skut, Dré Jonker, wat die derde plek ingeneem het.

Jonker was ook na afloop van hierdie geleentheid as die Junior Skut van die Dag aangewys. Die kompetisie vir die ope-klas se skut naaste aan die 25mm groepering kompetisie was deur JD Naudé gewen.

Die .22 kaliber-afdeling het drie onderskeie ouderdomsgroepe gehad waaraan die skuts kon meeding. In die penkoppe-afdeling vir skuts 12 jaar en jonger het Armand Botes met die louere weggestap. In die tweede plek was Yone Jonker met Neria Fleischmann in die derde plek.

Die .22 junior afdeling vir skuts 13 tot 17 jaar oud was deur Dré Jonker oorheers. Joubert Fleischmann was in die tweede plek en Joubert Verster was derde. Die .22 senior afdeling vir skuts 18 jaar en ouer was deur Quinton Reynolds ingepalm. Die tweede plek was deur Leon Scheepers ingeneem en die derde plek het aan Francois Geldenhuys gegaan.

Dré Jonker het ook in die handwapen kompetisie vir skuts O/17 die eerste plek agter sy naam geskryf. In die tweede plek was Nelia Fleischmann met Alwine Fleischmann nouliks agter in die derde plek.
Die senior handwapen-afdeling was deur André Jonker verower met Ramond Dando in die tweede plek. Dawie Botes was derde.

Die haelgewere het behoorlik gebulder soos die skuts die kleiduif-skywe in skerwe geskiet het. Die voorste skut na afloop van die kompetisie was Herjo Engelbrecht met Pieter Buys en Machiel Pieterse wat onderskeidelik die tweede en derde plekke behaal het.

In die windbuks kompetisie was daar twee verskillende afdelings, naamlik PCP windbuks en breeknek windbuks, met dieselfde ouderdomsgroepe waar skuts hier kon meeding.

Carel Jacobsz was die wenner onder die O/12 penkoppe PCP windbuksskuts. Dié skut het ook in die Penkoppe O/12 ouderdomsgroep vir breeknek windbukse geseëvier. Jana Jacobsz was tweede met Anja O’Connell in derde plek.

Chané Pretorius het in die PCP windbuks se junior-afdeling vir skuts 13 tot 17 jaar gewen met Zander Engelbrecht en Joubert Fleischmann in die tweede en derde plekke onderskeidelik.

Die PCP windbuks se senior-afdeling wenner was Johandré le Roux. In die tweede plek was Phillippus van der Pyperkamp gevolg deur Semilda van Hansen in die derde plek.

Dré Jonker het weereens ‘n eerste plek in die breeknek windbuks se junior afdeling vir skuts 13-17 jaar oud ingepalm. Die breeknek windbuks se senior afdeling het Pieter du Preez as wenner uit die stryd getree. Hy was deur Johann Engelbrecht en André Jonker in die tweede en derde plek onderskeidelik gevolg.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first