Ringballers by SA’s

18 September 2018  Read: 139

 

Devin van der Westhuizen, Hanno Stassen en Carlo Moller is drie Larrie ringbalspelers, uit net 24 spelers wat landwyd opgeneem is in die Suid-Afrikaanse Uitnodigingspan.

Dié trio het al ‘n handvol wedstryde gespeel. Op die 18de Augustus, in Middelburg, speel hul ‘n vertoonwedstryd teen die O/11 A-span wat hul 36/16 wen. Daarna, in Kemptonpark, meet hul kragte teen die Suid-Afrikaanse O/13 A span en verloor naelskraap 18/22. Op 1 September, in Polokwane, speel hul teen ‘n O/15 Uitnodigingspan en wen 22/8. Hul wen hul tweede wedstryd vir die dag teen die O/13 A-span ook 28/26.

Ringbal is ‘n amateursport wat vining gewild word in skole regoor die land. Devin, Hanno en Carlo sal weer op 15 September in aksie wees in Polokwane.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first