Limpopo-7’s kampioene

18 September 2018  Read: 186

 

Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek in Polokwane aan ‘n rugby-7’s toernooi deelgeneem waar die O/15-span as Limpopo-kampioene gekroon is en die O/17-span in die 2de plek geëindig het.

Die Vossies se O/15-span het die bordjies van verlede naweek verhang.  Dit was ‘n suksesvolle uittog vir die jong Buffeltjies, wat hulle poelwedstryde teen Hoërskool Louis Trichardt (met 35-5) en teen Hoërskool Piet Potgieter (met 55-0), gewen het.

Die semifinaal was soos ‘n jukskeiderby tussen die Vossies en Hoërskool Merensky.  Die Vossies se rugby is op ‘n gesonde plek en het vir Hoërskool Merensky met ‘n wegholtelling van 35-0 gewen.  Daarna was dit tyd vir die finaal teen PHS.  

Die jong Buffeltjies het verlede week geleer ‘n mens wen nie totdat tyd nie verby is nie.  Dié les was definitief geleer en die Vossies was met halftyd 12-0 agter.  Hier het hulle terugveg poging begin.  
Paballo Legodi het ‘n skitterende individuele drie gedruk - direk na halftyd.  Met tyd so te sê verstreke het Tsegofatso Ramaloko gewys dat hy een beter as sy spanmaat kan doen en onder die pale gaan kuier.  Die telling was op daardie stadium 14-12 in die Vossies se guns.

Die Vossies het vir twee minute in oortyd verdedig asof hulle lewens daarvan afhang.  Met tyd verstreke is as hul eindelik as Limpopo-kampioene gekroon.

Die Vossies se O/17-span het die dag skitterend begin.  Hulle het vir Curro Heuwelkruin 47-7 en Hoërskool Ellisras 31-5 gewen in hulle poelwedstryde.  Daarna het hulle vir Hoërskool Piet Potgieter in die semifinale met 29-5 les laat opsê.  So kwalifiseer hulle vir Noordvaal se top 16-spanne.  

Die span het daar teen PHS in die finaal vasgeval en moes tevrede wees met ‘n tweede plek.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first