Smit vat goud op champs

04 September 2018  Read: 159

 

Daniel Smit, ‘n O/15-swemmer van Hoërskool Merensky het verlede Saterdag aan die Klein Interprovinsiale Swemgala op Stanford Lake College deelgeneem. Die Limpopo- en Mpumalanga klubspanne het teen mekaar kragte hier gemeet.

Daniel het op die 18de Augustus aan die Limpopo klubkampioenskappe deelgeneem en is daarna in die Limpopospan opgeneem.

Met ‘n tyd van 1:04:00, het Daniel goud verwerf in die 100m rugslag item. Hy en sy span wen ook die individuele wisselslag- en vryslag aflosse. Verder verwerf hierdie veelsydige swemmer silwer in die 100m vryslag-, brons in die 200m individuele wisselslag- en ‘n vierdeplek in die 100m borsslag items.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first