Plaaslike ryers trap Kremetart plat

21 June 2018  Read: 151

 

Larries:

Drie van die Laerskool Tzaneen se fietsryers het deelgeneem aan die Limpopo Kremetart XCO wedren wat op Sater-dag, 9 Junie, in Louis Trichardt plaasgevind het.

Ilné Kotzé het tweede gekom in die Nipper afdeling vir dogters met ‘n tyd van 20:03,70 en Mark van der Merwe het ‘n vyfde plek losgetrap in die Nipper afdeling vir seuns.

Sy tyd was 29:11,1. Pelo Makoti was elfde, ook in die Nipper afdeling.

Plasies:

Die immergewilde Kremetart Bergfiets wedren XCO in Louis Trichardt verlede Sondag, het ook verskeie Plasie-trappers ingesluit.
In die Jeug-Seuns-afdeling beïndruk Bevan Muller met die Eerste-plek. De Wet du Toit eindig sesde, Gunther Katzke sewende, Trevor de Beer negende, John-Robert Honiball tiende en Shaun de Beer twaalfde.
Ervare bergfietsryer, Armand Cronjé, eindig in die tweede-plek en Sheldon Muller in die vierde-plek in die Junior Seuns-afdeling.
Afrigter, Pierre Cronjé, eindig vierde in die Mans Veterane-afdeling.
Die SA MTB Beker Reeks XCO #4 vind hierdie Saterdag op Mankele MTB Park in Mpumalanga plaas.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first