Merensky is Limpopo liga wenners

19 June 2018  Read: 75

 

Hierdie afgelope naweek het die junior Plasies rugbypanne in die Limpopo semi-finaal op Hoërskool Piet Potgieter se velde in Mokopane rugbysake uitgespook.

Die O/14A-span het teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal staal getoon en 25-17 gewen. Drieë word aangeteken deur Henro Delport (2), Janco Grobler (1) en Theoniel Kleynhans (1). Reese Coetzee het een van die vier drieë verdoel en een strafskop deur die pale gestuur. Met hierdie pragoorwinning is hulle plek verseker in die Limpopo-finaal wat op 21 Julie gespeel sal word. Tydens hierdie finale stryd sal hul teen die O/14-span van Hoërskool Frikkie Meyer kragte meet.

Merensky se O/14B-span klop Hoërskool Frikkie Meyer met ‘n verstommende 71-5. Uitblinker, Hennie de Wet, het drie keer die doellyn besoek en die opponente laat les opsê met briljante spel. Dié span tree uit die seisoen as Limpopo ligawenners.

Slegs twee punte het die Plasie O/15A-tal se ligadroom verydel, nadat Hoërskool Piet Potgieter die taai wedstryd 17-19 beklink het. Tog gaan hulle nie die tokse ophang nie, aangesien hul deurdring na die Virseker Beker-toernooi.

Op hul beurt het Merensky se O/15B’s hul suksesvolle seisoen ook afgesluit as Limpopo ligawenners deur 20-17 met Potties af te reken.

Die O/16A-span is na hul oorwinning oor Hoërskool Frikkie Meyer, op 26 Mei, direk deur na die Limpopo-finaal. Hier sal hul Hoërskool Ellisras die stryd aansê. Na nege vriendskaplike wedstryde tree die O/16B’s ook as 2018 Limpopo ligawenners uit.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first