Lekker, goeie, skoon netbal

17 April 2018  Read: 204

 

Die jaarlikse Ben Vorster netbalfees vir Laerskoolspanne het verlede naweek op hul tuisbane plaasgevind en Bulletin het die dag saam met van die spanne deurgebring. Daar was skole van regoor die streek en selfs Mpumalanga wat mekaar die stryd aangesê het. Alhoewel die wedstryde nie bedoel is as offisiële kompetisies nie, was dit blykbaar onmoontlik om die veggees uit die harte van dié dogters te steel. Die netbalfees het gedien as voorbereiding vir die komende seisoen en is vir die derde agtereenvolgende jaar in Tzaneen gehou.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first