Ruiters pronk wyd en suid

14 February 2018  Read: 127

 

Hoërskool Merensky se Danielle Breed (graad 9) het op Saterdag, 3 Februarie, haar sit in die saal geken tydens die 120km Capricorn Uithourit in Polokwane. Sy en haar perd, Hanif, het in die jong ruiter kategorie geseëvier met ‘n tyd van 9 ure, 36 minute.

Mariesa Schutte (graad 9) het op haar beurt met haar perd, Shakira, aan die SANESA-skou te Blouberg Stalle in Vivo deelgeneem. In die 90cm skouspringklas het sy ‘n eerste-plek uit 13 ruiters behaal.

Ook op 3 Februarie is Plasie-ruiters vereer by die SAWMG-prysuitdeling in Hoedspruit.  Ruiters wat aan die nasionale kampioenskap deelgeneem het ontvang elkeen ‘n lapelknopie: Dylan Bond, Hannes en Genevieve van der Merwe, Andri en Wandri Janse van Rensburg, Salomé Lombard en Dawie van Jaarsveld. Hoogste spantellings by nasionaal, vlak 4: Genevieve, Wandri en Dawie (vierde-plek).

Sertifikate is ontvang vir die hoogste puntetelling by nasionaal, per vlak en dissipline: Dominique Bond (vlak 0), Hannes van der Merwe en Dawie van Jaarsveld (vlak 4) en Anri Janse van Rensburg (vlak 7).
Topruiter van die jaar, per dissipline, in die hoërskoolafdeling, is Dawie van Jaarsveld.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first