Atlete van tonnelvisie genees

11 December 2017  Read: 295

 

Op Saterdag die 25ste November, het die tweede ‘Tzaneen Tunnel Trail Run’ in heerlike deurdringende reën plaasgevind. Die trail run het die meer as 200 deelnemers oor plaaspaaie, deur ‘n kilometer-lange trein tonnel, oor ‘n treinbrug en verby ‘n dam vol seekoeie geneem. Elkeen van die drie afstande, naamlik die 6km, 12km en 25km bied die deelnemer ‘n besonderse ervaring wat absoluut uniek is.

Die reën het die reeds uitdagende wedloop ‘n nog groter uitdaging vir die deelnemers gemaak. Sekere dele van die wedloop was op grondpaaie wat vol modder en baie glad was, wat dit ‘n onvergeetlike ervaring vir die atlete gemaak het.

Die wedloop begin en eindig op die gronde van Falconwood Beverages. Vanjaar se 12 kilometer wenner, Patrick Sethowa, het in ‘n uitmuntende tyd van 45 minute en 37 sekondes, sy 2016 titel verdedig. Sy tyd was hierdie jaar so rapsie oor die vyf minute beter as sy vorige wentyd.

Die eerste dame oor die wenstreep hierdie jaar was ook verlede jaar se wenner, T Mabasa, in ‘n tyd van 59 minute 59 sekondes. Sy het ook haar tyd verbeter.

Die langasems wat eerste oor die wenstreep in die 25 kilometer wedloop geseil het was T Ramohleue vir die mans in n tyd van 1:39:35 en sy vroulike eweknie, J Mudau in ‘n tyd van 2:19:00.

Tzaneen Maratonklub bedank graag vir Falconwood Beverages en Miami Canners vir hul ondersteuning van hierdie unieke wedlooop asook al die helpers wat deur harde werk en deurnis n groot bydrae tot die sukses van die dag gelewer het. Vir enige verdere inligting kontak gerus vir Paul Zaayman op 083 460 4204.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first