Nog twee trofees in die kas vir Vossies 7s

20 September 2017  Read: 106

 

Hoërskool Ben Vorster se O/15- en O/17-sewes rugbyspanne het die afgelope naweek by Hoërskool Tom Naudé se se-wes dag uitgeblink. Die juniors, wat hierdie sewes-seisoen nog onoorwonne is, was weereens toernooi-wenners en hul seniors, die plaatwenners.

Die O/15-span het die dag uit die staanspoor op volle silinders gevuur. Hulle het, in die eerste wedstryd van die dag, vir Hoërskool Hans Strijdom 33-0 kaf gedraf. In die daaropvolgende wedstryd het die Vossies Hoërskool Merensky se verdediging getoets en hulle 46-7 gewen om deur te dring na die finaal. Die Rooi Masjien het die dag onoorwonne afgesluit deur PHS skitterend in die finaal (26-5) te klop.

Op hul beurt het O/17’s, anders as laasweek, al van die eerste wedstryd onstuitbaar gelyk. Hulle het Hoërskool Tom Naudé 47-0, in hul eerste wedstryd van die dag, gewen en was onoorwonne in die groepswedstryde. Ben Vorster het egter in die semi-finaal teen Hoërskool Piet Potgieter vasgeval en moes vir die Plaattrofeë uitspeel. Hier het hul bewys dat hul vroeë nederlaag teen Hoërskool Piet Potgieter net ‘n voetfout was en klop vir Hoërskool Ben Viljoen 52-0 in die Plaatfinaal.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first