Drie gelyk oor Vula-streep

18 September 2017  Read: 42

 

Hierdie jaar se Vula Vula fietswedren het wéér ‘n groot groep entoesiaste na die ATKV-Eiland net buite Letsitele getrek. Vanjaar se inskrywing van 434 deelnemers was so rapsie meer as verlede jaar se 415, en toon op die groei van die sport in die Mopani omgewing. Die getal is presies 104 inskrywings meer as dié in 2013.

Die byeenkoms laat deelnemers toe om in een van vier afstande - 14km, 45km, 70km, en vir die langer asems, die 100km - deel te neem. Daar is ook ‘n spesiale spanbou kategorie, naamlik die ‘dikwiele’ waar spanlede op tradisionele dikwiel plaasfietse die wedren voltooi.

Die oudste deelneemer aan vanjaar se wedren was Kleintjie Fourie (82) wat ten spyte van die amper onbedraagsame hitte, die 45 kilometer resies in ‘n tyd van 02:00:42 voltooi het. Die jongste deelnemer was maar 3-jaar oud en het saam met haar ma ‘n fiets gedeel.

Drie mans het die wenstreep gelyktydig oorgesteek in die 100km hoofwedren hierdie jaar. Mario Ferreira (43), Lourens Beeslaar (31) en Maurice Ferreira (46) het al drie in ‘n tyd van 02:35:32 die afstand voltooi. Kort op hul hakke was Arthur Webber (46), Adrian Steyn (16) en Alexander Strydom (19) wat elk slegs ‘n split sekonde agter die eerste drie klaar gemaak het.

Dorothy Raad (40) was die eerste vrou oor die wenstreep in ‘n tyd van 02:45:24 met Daleen Venter (36) in die tweede plek in ‘n tyd van 03:01:03. Die derde dame oor die lyn was die 52-jarige Magda Woest in ‘n tyd van 03:31:24.

Hannes Grobbelaar (31) het die 70km wedren vir die mans gewen in ‘n tyd van 02:02:45 met Neil Trueman (44) en Gerhard Booysen (43) in tweede en derde plekke onderskeidelik. Roelien Britz (44) was eerste in die dames kategorie in ‘n tyd van 02:02:48 met Anna Elisa Gutierrez (16) in die tweede plek met haar tyd van 02:02:50. Lara Dando (16) was in die derde plek slegs twee sekondes later in ‘n tyd van 02:02:52.

Die organiseerders het reeds begin werk aan hul beplanning vir volgende jaar se byeenkoms en daar word klaar gefluister dat dit nog groter gaan wees.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first