Plasie-netbal se vinnige vyf

12 September 2017  Read: 55

 

Hoërskool Merensky se O.15 en O.17 Fast 5 netbalspanne het op Saterdag, 2 September, aan die Limpopo kampioenskappe op HTS Tom Naudé in Polokwane deelgeneem.

Elke span het vyf wedstryde gespeel, bestaande uit vier sessies van ses minute elk. In hierdie vinnige spel is die doelakkuraatheid van kardinale belang.

In die semi-finaal verloor die Plasie O.17’s met slegs een doel teen Heuwelkruin. In die finaal, om die derde- en vierdeplek te bepaal, speel hul teen Ben Vorster 2 en wen 22-17 en eindig in die derdeplek.
Die O.15-span moes die knie buig teen Morwathebe en eindig algeheel vierde.

Albei spanne dring deur na die Nasionale Kampioenskappe later dié jaar.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first