Tzaneen speel Lim-finaal

08 August 2017  Read: 52

 

Die eerste keer in die 2017 rugbyseisoen waar Hoërskool Merenksy teen Hoërskool Ben Vorster te staan gekom het in ‘n o/15 ligastryd op Ben Vorster se velde, het die besoekende Plasies die Rooimasjien se ratte laat vasdraai. Daardie kragmeting het die Merensky span met ‘n telling van 20-10 gewen. Maar, dit was in Junie. Verlede naweek het die twee spanne mekaar wéér gepak op die velde van die Hoërskool Tom Naude in Polokwane, dié keer tydens die Limpopo eindstryd.

Dit was ‘n harde stryd van rugby uit die boonste rakke met albei spanne wat uitstekende vertonings gelewer het. Aan die einde van die stryd was dit die Ben Vorster span wat die veld gelyk gemaak het en met 29-24 as oorwinnaars uit die stryd getreë het.

Teen halftyd het die Vossies met nege punte voorgeloop op 19-10, maar vroeg in die tweede helfte het Merensky terug baklei en twee drieë aangeteken om terug in die wedstryd te kom en net twee punte agter die Rooies op 26-24 vas te hou.

Die twee drieë is gedruk deur Danie Potgieter, terwyl Jason Janse van Rensburg ook die bal onder die pale geplant het. Die Plasies se drieë is verdoel deur Anru Miller, wie ook ‘n strafskop deur die mikke gestuur het. Die Vossies se drieë is deur die kaptein, Renzo du Plessis, wat ook die speler van die wedstryd was, Damian Viljoen en Nicky Grobler (2) gedruk. Kabelo Kgohloane het twee drieë verdoel. Dit is verseker dat Tzaneen vir die volgende drie jaar van top skolerugby verseker gaan wees met hierdie twee uitmuntende spanne wat mekaar nog in die toekoms ordentlik stryd gaan opsê.

Die Plasies speel more, Saterdag, 5 Augustus, in Potchefstroom teen Potch Gimnasium as deel van die Beeld uitspele.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first