Toerien word ‘n Gazelle

07 August 2017  Read: 58

 

‘n Aspirante hokkiespeler van Tzaneen het gedurende die Julie vakansie as onder-kaptein vir haar o/19 Verre-Noord dogters-span op die astro uit gedraf. Dit was gedurende die Bokkieweek in Naboomspruit. Aan die einde van die inter-provinsiale toernooi is Deané Toerien, ‘n leerling aan Hoërskool Ben Vorster, ook in die SA Gazelle-span ingesluit wat op 19 Augustus in Pretoria gaan toer. Toerien is welbekend onder die plaaslike hokkie gemeenskap en het nou haar naam in die nasionale boeke laat pen met hierdie prestasie. Haar spanmaat, Stephanie Nagel het ook puik vertonings gelewer tydens die toernooi.
‘n Groep seuns-spelers van dieselfde Hoërskool het ook aan die Bokkieweek, in hul onderskeie ouderdomsgroepe, gaan deelneem. Liam Meintjies Dylan Kotze en Tiaan Botha het vir die o/15-span uitgedraf. Tydens die vier-dae lange toernooi het hierdie spelers teen verskillende unies van regoor die land gespeel.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first