Annies spog op sportveld

04 August 2017  Read: 151

 

Ringbal is groot by die Annies en ‘n groep jong ringbalspelers is onlangs in die nasionale span vir hul onderskeie ouderdomsgroepe ingesluit. Voor van links staan Tyra Du Plessis wat aan die stuur van die SA o/11 span staan nadat sy haar nasionale klere in die sport verwerf het. Langs haar is Zané Hedin wat haar plek in die O/13 SA Uitnodiging span losgespeel het. Agter van links is Chantell Meyer wat ook as kaptein vir die O/13 SA Span aangewys is saam met Leané Heydenrych wat gekies is om vir die O/13 SA Uitnodiging span op die baan te draf.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first