Die perde, die prestige

08 August 2017  Read: 56

 

Die jaarlikse Tzaneen Equestrian Centre prestige skou is weer verlede naweek deur David en Ilse Pieterse in Tzaneen aangebied. Hierdie skou trek perdeliefhebbers en ruiters van regoor die streek en het hierdie naweek mense van sover as Phalaborwa, Polokwane en Hoedspruit gelok. Die jongste ruiter op die skou vanjaar was maar skaars 3-jaar oud.

“Almal van oud en jonk het die naweek kom geniet langs die arena waar hulle heerlik aan Blue Bell Café se kos gesmul het en afgekoel het met Falconwood Beverages se drankies,” het Ilse Pieters gesê. “sonder getroue borge is sulke skoue nie moontlik nie en kan ons skoue nie die sukses behaal wat dit elke jaar doen nie.”

Tzaneen Equestrian Centre bedank graag vir BF Distributors, Favourite Oil (Delo), Trophy Toyota Duiwelskloof, Snyman Voere, Nicky Potgieter, Wisani Burial, Revil Stables, Falconwood Beverages,
Dulux Paint Centre Tzaneen, Urban Africa Security en Talisman Hire vir hul ondersteuning.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first