Potch-skolehokkie vat vlam

10 July 2017  Read: 100

 

Laerskool Tzaneen Primary se o/13 hokkiespelers wat hul posisies in die Limpopospan verlede kwartaal losgespeel, is hierdie week in Potchefstroom doenig. Die seuns en dogters van hierdie skool neem deel an die o/13 Interprovinsiale Hokkie Toernooi vir seuns en dogters, en sover vaar die plaaslike spanne nie te sleg nie.

Dag 1 van die toernooi het afgeskop met ‘n nederlaag vir die Limpopo-seuns toe hulle met 5 doele teenoor een teen die span van Noord-Kaap verloor het. Die dogters het ‘n redelike maklike 2-1 oorwinning teen Amathole aangeteken en gelykop gespeel toe hulle teen Noord Vrystaat te staan kom.
Die seuns het hulle openingsdag afgesluit met ‘n een-doel nederlaag teen Mpumalanga in ‘n strawwe stryd wat 1-2 geindig het. Ten spyte van ‘n moeilike begin het die Laerskool Tzaneen manne, Wikus Joubert (kaptein), Ockert Schoeman, en Johan van den Heever in ware Larrie gees nooit moed opgegee nie en geveg tot die einde toe.

In ons volgende uitgawe sal ons die hoogtepunte van die res van toernooi uitlig.
“Nuwe vriendskapsbande word gesmee en waardevolle ervaring word opgedoen, wat ‘n voorreg om teen die beste provinsiale spanne in Suid-Afrika mee te ding,” het Ula Schoeman van Laerskool Tzaneen gesê.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first