Larries ry Limpopo los

12 July 2017  Read: 239

 

Shané van den Heever en Ilne Kotzé het die afgelope naweek gekwalifiseer vir Limpopo kleure in XCO afdeling van bergfietsry.

Hul het albei ‘n tweede plek verwerf die afgelope Saterdag, 24 Junie tydens die wedren op Stanford Lake College. Die vorige wedren by Tzaneen Country Lodge het hul ook stof in die ander se oë getrap en met die twee wedrenne agter hul blad was dit genoeg om te kwalifiseer vir Limpopo kleure.

Shané kwalifiseer in die meisies “Sprogs” (onder 12) afdeling en Ilne in die “Nipper” (onder 10) afdeling. Beide eindig die reeks met ‘n eerste plek in hul afdeling.

Hul gaan op 22 Julie by Mankele, naby Nelspruit, aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first