Hengelaars gaan groot

07 June 2017  Read: 239

 

Letsitele Varswater Hengelklub het weer hulle maandlikse klub-kompetisie gehou by Tzaneen dam van die 26ste tot die 28ste Mei.  Die wenners van hierdie kompetisie was Carl Benedetti (Senior Mans), Grieta de Lange (Senior Dames), Dean Durrheim (Junior Seuns) en Michelle Durrheim (Junior Dogters).

Letsitele Varswater Hengelklub wil graag vir Vissagie saagmeule bedank vir die geleentheid om op hulle gronde te kon hengel. Ook vir Hannes van JLR Water and Sanitation vir die toilette wat hulle voorsien het. Vir enige navrae kontak Chrizel du Plessis op 083-985-8220 of Danie Viljoen op 082-807-6623.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first