Twee Larries in provinsiale span

19 May 2017  Read: 72

 

Twee hokkiespelers van Laerskool Tzaneen Primary is in die provinsiale-hokkiespan opgeneem na die onlangse Limpopoproewe.

Die twee seuns is albei o/12 spelers. Carlo Moller, is opgeneem in die Limpopo Maroela-hokkiespan wat gaan deelneem aan die provinsiale hokkiefees vanaf 9 tot 12 Julie in Krugersdorp.

Sy klasmaat, Dirk de Nysschen, is as kaptein van sy provinsiale span aangewys.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first