Rooies verpletter Louis Trichardt

16 May 2017  Read: 217

 

Ben Vorster het verlede Saterdag gasheer gespeel vir die spanne van Louis Trichardt in ‘n reeks rugby liga-wedstryde. Die Vossies het al hul wedstryde met wegholtellings gewen en die besoekers stert-tussen-die-been huis toe gestuur.

Die o/14A-span het met ‘n telling van 59-5 met Louis Trichardt afgereken terwyl die o/15A-span hul wedstryd 72-0 gewen het. Die o/16 seuns het 74 punte teenoor die besoekers se 7 aangeteken en die Tweede-span het hul wedstryd 74-0 gewen. Die Rooimasjien het volstoom geloop tydens die hoofwedstryd van die dag toe die Eerste span vir Louis Trichardt met 108-7 geklop het.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first