Polokwane word ingebreek

15 May 2017  Read: 65

 

Western Mounted Games (WMG) word beskryf as die aksiebelaaide, presisie sport van die perdewêreld. ‘n Groot deel van die sukses van die ruiter in hierdie weergawe van die sport, is die regte perd. ‘n Goeie WMG perd het nie net die spoed van ‘n renperd nie, maar die draaibare vermoë van ‘n snyperd en die beheer en responsiwiteit van ‘n werksperd. Die sport word soms verkeerdelik verwar met die ewe-gewilde “Gymkhana” sportsoort. Daar is wel klein verskille wat enige ruiter vining vir jou sal uitwys, sou jy durf vra.

Polokwane het die afgelope naweek die derde kwalifiseerende rondte vir die Western Mounted Games aangebied. Tzaneen se ruiters wat daar gaan deelneem het, het gesorg vir ‘n paar goeie prestasies in hul onderskeie vlakke in die verskillende kategorië op die dag.

Op vlak 0 het Dominique Bond vyf eersteplekke in die skole-afdeling behaal en algeheel eerste geeïndig. Sy het ook ‘n derdeplek in die ope-afdeling behaal.

Op vlak 1 het Genevieve van der Merwe met haar perd, Bonnita, ‘n tweede- en eersteplek in die skole-afdeling behaal en eerste en vierde geëindig in die ope-afdeling. Sy spog ook op vlak 2, met haar perd, Foxtrot, met ‘n eerste-, tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling en ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.

Dawie van Jaarsveld het op vlak 2 met sy drie eersteplekke en een tweedeplek algeheel eerste geeïndig. Hiermee skuif hy op na vlak 3 in die ope-afdeling en verwerf een eerste-, twee derde- en twee vierdeplekke. Salome Lombaard het ook op vlak 2 deelgeneem en gesorg vir ‘n tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling.

Wandri Janse van Rensburg, op haar perd, Pagan, het algeheel tweede in die vlak 2 skole-afdeling geeïndig met een eerste-, twee tweede- en ‘n derdeplek. Sy behaal ook ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.

Die Vlak 3 ruiter, Anri Janse van Rensburg, spog met vyf eersteplekke, en word gekroon as wenner in die skole-afdeling. Sy is ook algehele wenner in die ope-afdeling met drie eersteplekke, ‘n derde- en vierdeplek.

Nog ‘n ruiter wat die stof in sy kompetisie se oë geskop het was die Vlak 2 ruiter, Hannes van der Merwe wat ook vyf eerste plekke en algeheel eerste in die skole afdeling gehaal het. In die ope afdeling neem hy ‘n  vierde plek.

Tharischa van der Walt van Hoerskool Ben Vorster het deelgeneem op vlak 1 en neem 1 eerste plek, 3 derde plekke, 1 vierde plek en algeheel tweede. In die ope afdeling verwerf sy 2 derde plekke en ‘n algeheel derde.

In vlak 0 in skole afdeling neem Dylon Bond 2 eerste, 2 tweede plekke , 1 derde plek en algeheel tweede. Hy verwerf 1 eerste, 2 tweede plekke, 1 derde, 1 vierde plek en algeheel tweede. Ook in vlak 0 skole, verwerf AJ van der Westhuizen 3 eerste plekke, 2 tweede plekke en algeheel eerste. In die ope afdeling neem hy 2 eerste plekke, 1 tweede plek en algeheel eerste. Op vlak 1 skole neem Stefaans van Jaarsveld 2 eerste plekke, 1 tweede plek, 2 derde plekke en algeheel tweede.  In die ope afdeling verwerf hy ‘n vierde plek.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first