Larries vat Gauteng vas

09 May 2017  Read: 474

 

Laerskool Tzaneen Primary het die afgelope week Gauteng se skole laat les opsê tydens hierdie jaar se Super 12 Laerskole Rugby- en Netbalkompetisie by Laerskool Florida. In die eerste rondte van dié kompetisie het Laerskool Tzaneen goeie vertonings teen Florida en die Potchefstroomse Laerskool Mooirivier gelewer. Die uitslae van die wedstryde tydens hierdie openingrondte, het die skole se uitspeel wedstryde die volgende week by Tukkies, bepaal.

Die o/10 meisies het beide hul wedstryde teen Florida en Moorivier gewen waarna hul teen die beste van Gauteng op Tukkies vir ‘n top-vier posisie gaan stry het. Hulle het met net twee punte teen Elarduspark verloor (6-8) en later ook teen Goedehoop met ‘n telling van 5-10 om die algehele vierde plek in te neem.
Die o/11 meisies het hul wedstryd teen Florida met ‘n telling van 11-6 gewen, maar verloor teen Mooirivier 7-24. In die finale rondtes het die Larries ‘n sesde plek losgespeel na ‘n wen teen Middleburg en ‘n 3-12 neederlaag teen Laerskool Saamtrek.

In hul onderskeie wedstryde het die 0/12 meisies met 23-7 verloor teen Mooirivier en ‘n 14-10 wen teen Florida aangete-ken wat vir hulle ‘n uitspeel rondte vir plek 5 tot 8 op Tukkies verseker het. By Tuks wen hul Laerskool Kollegepark van Vanderbijlpark 11-8, maar verloor teen Laerskool JJ van der Merwe van Ermelo, 13-7. Hul eindig algeheel in die 6e plek.

Die seniorspan, die 0/13 meisies, het gewys dat harde oefening, deursettingsvermoë en vasbera-
denheid tot sukses kan lei toe hulle Mooirivier met 18-6 en Florida 24-9 geklop het. Hul eindig algeheel vierde nadat hul albei wedstryde verloor het op Tuks teen LS Elarduspark, 14-8 en LS van Riebeeckpark  (Kemptonpark) 15-10.

Die Larrie leeus het net so goed op die rugbyveld vertoon. Die 0/9’s wen teen Florida 35-7 en verloor teen Mooirivier 36-0. Hulle behaal ‘n alghele vyfde plek nadat hul in die finale vir Kollegepark 10-7 wen asook vir Goedehoop van Secunda 17-0 kafdraf.

Die 0/10 seuns wen teen Florida 31-0 maar verloor hul stryd teen Mooirivier met 29-5. Hul behaal ‘n algehele sesde plek.

In die 0/11 wedstryde het die Larries verloor teen Mooirivier (21-0) gewen teen Florida (29-0) en later op Tuks se velde het hulle albei die wedstryde teen Middleburg en Saamtrek ook verloor. Hul eindig algheel agtste.

Die eerste rugbyspan behaal ‘n algehele vyfde plek nadat hulle in die uitspele gewen het teen Mooirivier (36-12) en verloor het teen Florida (22-5). In die finale rondtes, wen hul albei hul wedstryde teen Middelburg (22-10) en Goedehoop (28-7).

In die netbalafdeling eindig Laerskool Tzaneen algeheel vierde met 56 punte, net drie punte kort van die derde plek. Die rugby behaal ‘n algehele sesde plek met 52 punte. In die algehele kompetisie eindig die Larries in die sewende plek.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first