Hengelaars trek 209

12 April 2017  Read: 518

 

Daar is weer lekker vis gevang in die laaste week van Maart hierdie jaar. Op die 25ste het Letsitele Varswater Hengelklub nog ‘n kompetisie by Hennie se Dam gehou waar ‘n totaal van 209 visse uitgehaal is. Hierdie het ingesluit 140 Kurpers, 13 Barbers, 9 Karp en nog kleiner Dwerg Tiere, Makriel en Gieliemientjies.

Die wenners op die dag was Gerald Durrheim (Snr Mans), Susan Nel (Snr Dames), Dean Durrheim (Jnr Mans) en Zelouise Benedetti (Jnr Dames).

Die Hengelklub beplan weer hul jaarlikse sakeliga vir die naweek van die 5de Mei en besighede word genooi om spanne in te skryf en langs die viswaters by Kramer dam te kom netwerk. Navrae kan aan Chrizel du Plessis gerig word op 083-985-8220 of Danie Viljoen op 082-807-6623.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first