MHS gaan Kaap toe

06 April 2017  Read: 149

 

Oor die langnaweek van 17 tot 21 Maart het die eerste meisieshokkiespan van Hoërskool Merensky afgevlieg Kaap toe om te gaan deelneem aan die DF Malan Nasionale Hokkiekursus.

Die Plasies het agt wedstryde gespeel. Wentellings is aangeteken teen Hoërskool Brandwag (1-0), Curro Durbanville (2-1) en Hoërskool Langenhoven (1-0). Hulle het gelykop gespeel teen Hoërskole La Rochelle en Stellenberg.

Die Plasies pronk ook met die toekenning vir die beste span in fiksheid en spanbou uit 43 spanne. Hokkiester, Lilly Pohl, is ingesluit in die kursusspan wat spesiale afrigting ontvang het.

Met ervarings soos hierdie is dit geen wonder dat die Merensky-hokkiebokkies hul merk binne en buite Limpopo maak nie.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first