Larries speel in Phalaborwa

05 April 2017  Read: 269

 

Tien van Laerskool Tzaneen se netbalspanne het Saterdag, 25 Maart, deelgeneem aan Laerskool Phalaborwa (Groenskool) se netbaldag. Al die spanne het hul beste gelewer om met goeie uitslae terug huis toe te keer. Hul uitslae is as volg: die 0/9 B dogters wen 5-0 teen Pietersburg Noord en verloor teen Groenskool 0-4. Die 0/9 A span wen teen Pietersburg Suid en verloor 2-6 teen die Groenskool. Die 0/10 A span verloor teen Pietersburg Noord 2-3 asook teen die Groenes met ‘n telling van 1-5. Die 0/10 B span wen teen Drakensig 2-0 asook teen LS Pietersburg Suid met 4-0. Die 0/11 A span speel gelyk 4-4 teen LS Pietersburg Suid, wen LS Phalaborwa 4-3 en wen LS Steelpoort 8-5. Die 0/11 B span verloor teen LS Pietersburg Noord 1-10 en wen teen LS Phalaborwa 8-0. Die 0/12 A span wen teen LS Pietersburg Noord 6-5 en verloor teen LS Phalaborwa 5-8. Die 0/12 B span wen teen LS Pietersburg Suid 4-1 en ook teen LS Phalaborwa 8-2. Die 0/13 A dogters wen LS Pietersburg Noord 11-10, wen teen LS Phalaborwa 9-5 asook LS Pietersburg Suid 11-9. Die 0/13 B span speel gelyk teen LS Pietersburg Suid 8-8 en verloor teen LS Phalaborwa 2-7.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first