Om te dink óf te sink?

04 September 2018  Read: 572

 

Die Noordstreek uitdunronde, wat Noordwes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu- Natal insluit, vir die jaarlikse Dink of Sink debat het op Vrydag, 24 Augustus, by Hoërskool Montana plaasgevind.

Hiérdie unieke debatkompetisie word onvoorbereid deur deelnemers aangepak en word in samewerking met AfriForum, Beeld, Die Burger, Volksblad, Netwerk24 en Hoërskole DF Malan, Oranje Meisieskool en Montana aangebied.

74 Spanne het deelgeneem en ‘n totaal van 270 debatte is gevoer. Nadat die gehoor deur Dirk van der Westhuizen vermaak is, is die sprekers se dink- en redeneervernuf tot die uiterste be-proef en het die toeskouers op die punte van hul stoele gesit.

Hoërskool Merensky het twee seniorspanne ingeskryf. Albei spanne is drie keer die kans gegun om hul kant van ‘n onderwerp te verdedig - met die hoop dat hulle vinnig genoeg dink, voordat hulle sink…

Merensky 1 het bestaan uit Leoné Slabbert, Bercha Venter en Meggan Cloete in Graad 10. Hulle het witwarm onderwerpe gekry en seker gemaak hul kant van die saak word duidelik gehoor. Hulle het teen Oos-Moot 1, Eldoraigne 1 en Afrikaans Hoër Meisies 2 geredeneer.

Merensky 2 het gekook en was nie bang om hul sê te sê nie. Die span het bestaan uit Suandrie Corbett en  Jamie Robertson in graad 10 en Stefan Corbett in Graad 11. Hulle het teen Waterkloof, Montana 3 en Nelspruit 2 argumente getoets. Hierdie span het vinnig en kreatief gedink en al drie keer hul opponente gesink.

- Jamie Robertson  (Graad 10)

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first