Beste pyltjie voor

31 August 2018  Read: 238

 

Cameron van Dyk, ‘n graad 10 leerder van Hoërskool Ben Vorster, het Limpopo tydens die SA-veerpyltjiekampioenskappe verteenwoordig. Hierdie kompetisie het in Gauteng vanaf die 9de tot die 13de Julie plaasgevind.

Van Dyk het sy provinsiale kleure in die sportsoort verwerf sowel as ‘n 14de plek in die enkels vir 0/18’s en ‘n 6de plek in die dubbelspel te behaal. Hy is ook aangewys as die O/18-speler van die jaar in die Capricorn-streek.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first