Annies pimp hul Spar-ontwerpe

03 September 2018  Read: 246

 

Spar Suid-Afrika vier vanjaar hul 55ste verjaardag. Om hierdie mylpaal te vier word daar vanjaar in Spar-winkels reg-oor die land, 55 Hyundai Grand i10 voertuie aan gelukkige ‘Spar Rewards’ kliente oorhandig. Normaalweg word daar elke jaar 50 van hierdie voertuie in die gelukkige trekkings gewen in winkels regoor die land.

Elke jaar is daar ‘n tema aan die kompetisie, hierdie jaar se tema is ‘ pimp your ride’  en winkels regoor die land moet dan inval by die tema en hul winkels daarvolgens versier. Spar is baie nou betrokke met die gemeenskappe waarin hul handel dryf en Spar Letsitele maak gebruik van die ‘Win-a-Car’ kompetisie elke jaar om die plaaslike kleuterskole te betrek by die projek.

Die skole wat aan vanjaar se projek deelgeneem het was Dr Annecke Laerskool, Jack and Jill en Wysneusie kleuterskool. Die kleuterskole het pragtige prentjies van ‘ pimp’ karretjie gete-ken. Dr Annecke se Graad 5 tot 7 leerlinge moes egter hul eie karre bou en daarvolgens teen mekaar kompeteer om die mees “gepimpte” kar voor te lê.

Daar is onder andere gekyk na oorspronklikheid, stewigheid, kleure, tema en afwerkings van die finale produk voordat die wenners aangekondig is. Die Graad 7-span het weggestap as die wenners met ‘n prysgeld van R2 000 terwyl die tweede en derde plekke elk met R1 000 huis toe is. Die skool kan besluit hoe die fondse aangewend sal word.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first