Protea kuier by die Larries

27 August 2018  Read: 304

 

Laerskool Tzaneen is bekend vir hul krieketprestasies, maar veral op die gebied van dogterskrieket. Elandri Janse van Rensburg en Megan-Lee Mans het al op verskeie geleenthede hul provinsie verteenwoordig by provinsiale toernooie.

Wat ‘n verassing het nie op hulle gewag Vrydagoggend, toe Suné Luus, bekende Protea krieketspeler, vir die jongspan kom groet op eie bodem nie? Luus het met die aspirante krieketers gepraat en hul motiveering gebied vir die seisoen wat voorlê.

Sy het in die onlangse T20-kragmeting teen Bangladesh in Bloemfontein, gehelp om haar span tot oorwinning te lei met die 71 lopies wat sy van 57 balle geslaan het.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first