Tonge klap by redenaars

27 August 2018  Read: 472

 

Verlede Saterdag het die Limpopo Finaal van die Radikale Redenaars kompetisie by Hoërskool Pietersburg plaasgevind.

Hoërskool Merensky het agt individuele spre-kers en vyf spanne gehad wat deelgeneem het. Die Plasies het hul sê gesê en drie van die individuele sprekers en een span het die gehoor en beoordeelaars ten volle oortuig. Uit die ses afdelings waaraan die Plasies deelgeneem het, het hul vier gewen.

Al drie die individuele sprekers en span het in die Afrikaans Moedertaal-afdeling gekwalifiseer. Die drie individuele sprekers is Keynon Fox (graad 8), Mariesa Schutte (graad 9) en Jamie Robertson (graad 10).
Merensky se graad 10-span wat gekwalifiseer het bestaan uit Suandrie Corbett, Amelda Pretorius, Ikne Stüki en Jamie Robertson.

Hierdie redenaars het gekwalifiseer vir die nasionale ronde wat op 13 Oktober 2018 by Hoërskool Garsfontein aangebied word.

— Jamie Robertson, Graad 10

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first