Groot Grammy-opwinding op Plasieland

21 August 2018  Read: 387

 

Die Grammy-Awards was nog nooit so opwindend soos by die 2018 Mnr. en Mej. Merensky-kompetisie nie. Op Maandag, 6 Augustus, het gaskunstenaars, Jo Foster en die groep Tussen Sterre, die gehoor aan hul voete gehad en die Merensky-skoolsaal se dak het behoorlik gelig met hul musiek, danspassies en oorspronklike lirieke.

Die finaliste het hul debuutbuiging gemaak met ‘n groepdans op die liedjie Fame. Onder luide aanmoediging en toejuiging het die paartjies hul informele klere vertoon. Na die ys gebreek is het hulle laat waai met danspassies wat die gehoor stomgeslaan het. ‘n Paar manne en meisies se versteekte danstalente is ontbloot. Die finaliste het asemrowend gelyk in hul formele kleredrag en het die beoordelaars behoorlik laat kopkrap.

In ware Plasiegees het Ryan Jackson, met ‘n gebreekte bekkenbeen, steeds die loopplank braaf trotseer en toeskouers aan sy “krukke” gehad.

Die waardige draer van titel, Mnr. Merensky 2018, is die aantreklike Jan-Carel van Niekerk met die pragtige Kesia Pohl wat as Mej. Merensky 2018 en Mej. Fotogenies gekroon is. Eerste Prins en Prinses is Pieter Gouws en Steph-Marie de Lange. Tweede Prins en Prinses is Kieran Albertus en Liza-Ri Snyman.

Kieran se sjarmane het hom ook die titel, Mnr. Persoonlikheid, besorg en Luann Botha is aangewys as die mees, fotogeniese man in Merensky. Mia Naude se waaghalsige danspassies en sprankelende persoonlikheid het haar die Mej. Persoonlikheid kroon besorg.

Mnr. en Mej. Merensky 2018 was ‘n aand van glorie, glans en “Grammy-glamour” - beslis ‘n aand om te onthou!

— Suandrie Corbett (graad 10)

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first