Kolskoot vir Rooies

20 March 2018  Read: 210

 

Die afgelope Saterdag, 10 Maart, het Hoërskool Ben Vorster aan die Rhino-kompetisie in Mokopane saam met MEA, Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Piet Potgieter deelgeneem. Die Vossies het uitgeblink by die kompetisie met skuts wat uitmuntend geskiet het.

Maryke Basson is aangewys as die skut van die dag met ‘n totale gemiddeld van 91,8% of 551 uit 600. Sy het behoorlik die goue medaljes en eerste plekke ingepalm.

Sy is o/16 en het eerste plekke behaal in die 3P-lê, staan en kniel asook 10m-staan waarin sy 344/400 geskiet het. Sy was die wenner van die 3P-afdeling, die 10m-afdeling en algeheel. Sy was ook baie in haar skik met die provinsie se besluit om ‘n MPR-geweer aan haar beskikbaar te stel vir die komende jaar. Sy bring ook die Rhino-wisseltrofee, vir die beste sporterskut van die dag, Vossieland toe.

Hano Sliep het in die o/21-ouderdomsgroep al die afdelings gewen en het uitstekend geskiet met ‘n gemiddeld van 544/600, wat 90,6% is in die 3P. Hy het eerste plekke behaal in lê, staan en kniel asook 10m-staan. Hy is ook algeheel as die beste o/21-skut aangewys.  

Zack Verster (o/21) het ‘n algehele silwermedalje verower. In die 3P-lê en kniel ‘n derde plek. In die 3P-staan posisie het hy tweede gekom, in kniel ‘n derde plek en 3P-algeheel ‘n silwermedalje. Hy het in 10m-staan, silwer gewen.

Johandre le Roux het in die 3P-lê ‘n vierde plek gekry, in staan ‘n derde en in kniel ‘n tweede plek. Algeheel 3P-brons, in 10m en algeheel ‘n vierde plek.

Mareli Delport het in 3P-staan ‘n derde en in kniel ‘n tweede plek behaal. In die 3P algehele afdeling het sy die silwermedalje verower en in die 10m ‘n brons medalje, terwyl sy algeheel, derde was met nog ‘n bronsmedalje. Die skool se beginnerspan het ook goed gevaar in hul eerste kompetisie. Nicolene Botha het in 3P-staan en kniel ‘n negende plek behaal. Isak Joubert was agtste in die 10m-staan kompetisie. Myburgh Botha het 70% op 3P-lê geskiet.

Daar was 36 skuts wat die kompetisie bygewoon het. Op 16 en 17 Maart neem die Vossies aan die eerste rondte proewe in Florida Johannesburg deel.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first