Boompret vir Skiewies

20 March 2018  Read: 302

 

Hoërskool Meresky beaam Martin Luther se seining “Selfs al weet ek dat die wêreld more vergaan, sal ek steeds my appelboom plant” en so maak die ‘Blou’ boomplanters die afgelope jare ‘n beduidende verskil aan Plasieland en moeder aarde.  Vir die afgelope vier jaar plant die Merensky-skiewies boomlanings op die skoolterrein, wat hulle dan moet versorg tot aan die einde van hul matriekjaar. Só het die skiewiegroep van 2018 die graaf by die boom gevoeg en op Woensdag, 28 Februarie, aangetree vir hul beurt om ‘n verskil aan Plasieland te maak en ‘n hupstoot aan die osoonlaag te gee. 

‘n Rekordgetal van 242 graad 8’s, het onder die wakende oog van die prefekte 54 jong Outeniekwageelhoutbome, Afrocarpus falcatus (voorheen bekend as Podocarpus falcatus), geplant.  Hierdie inheemse laning sal die ingang van die hek tot by die skool versier en ‘n koelte gooi oor die netbalbane en hopelik sal hierdie skiewies eendag saam met hulle kinders in die skadu kan piekniek hou.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first