Rooi warm rissies brand Blou sterte

30 January 2018  Read: 52

 

Wolkberg Akademie het hierdie week hul jaarprogram met ‘n interhuis-atletiekdag afgestop. Die skool se jong atlete het vol opgewondenheid op die velde van Hoërskool Merensky toegesak.

Die twee spanne, naamlik die Rooies en Bloues, het ou-dergewys mekaar die stryd aangesê. Ironies is dat die kleure van die spanne ooreenstem met dié van hul grootskool eweknieë en dalk is die Rooies se oorwinning ‘n voorsmakie van wat moontlik op hul wag?

Nie te min, dit was ‘n dag wat gesorg het vir groot opwinding vir hierdie CVO skool se leer-ders wat gewoonlik nie die kans kry om agter die skoolbanke uit te skuif en ‘n dag op die velde te geniet nie.

Wolkberg Akademie is bekend vir hul puik akademiese prestasies, maar na afloop van die interhuis wil dit voorkom asof Tzaneen so paar belowende atlete uit hierdie skooltjie se stalle kan verwag – veral in die naellope items waar klein Monique Smuts elke een van haar ouderdomsgroep se items met meer as ‘n paar treë gewen het.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first