Plasies is redelik radikaal

13 September 2017  Read: 157

 

Verlede Saterdag, 2 September, het vier redenaarspanne en vier solo-redenaars van Hoërskool Merensky aan die Limpopo-finaal van die Radikale Redenaarfees op Pietersburg Hoërskool deelgeneem.

Marlu McLean (graad 12) dring vir die tweede jaar deur na die landswye finaal wat op 14 Oktober in Pretoria gaan plaas vind met haar toespraak: Selfies maak jou dom. Die Graad 11-span wat bestaan uit Bianca Elbrecht, Jason Mellett, Christelle Brummer en Kyla Schoeman, eindig in die tweedeplek met hul redenasie rondom tienerliefde.

Op hul beurt het Jamie Robertson en Amelda Pretorius die Limpopo rondte vrygespring en is direk deur na die nasionale rondte wat op 14 Oktober by Hoërskool Garsfontein uitgepraat gaan word.

Die graad 9’s, Jamie Robertson, Suandrie Corbett, Amelda Pretorius en Dian Malherbe het mond uitgespoel oor ‘n unieke sirkus-identiteit, en in die derde posisie geeindig. Die graad 8-span van Mariesa Schutte, Brett Richter, Ruben Potgieter en Michaela Elbrecht voel tieners word in ‘n blik gedruk Hulle eindig in die derdeplek, terwyl die ander graad 8-span met Retief Fourie, Salomé Lombard, Marjoné Beukes en Jacques Bezuidenhout die vyfdeplek ingeneem het met hul redenasie dat die “boeregroet” verander het.

“Hoërskool Merensky sien uit na die 2018-redenaarseisoen, waar ‘n rekorddeelname van veral Afrikaans Addisionele Taalsprekers verwag word,” het Louis du Preez van Merensky gesê.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first