Ses goud vir MHS

31 July 2017  Read: 302

 

Almal sal saamstem dat die unieke Presidentstoekenningsinisiatief by Hoërskool Merensky slegs vir vasbyters beskore is. Vyf van Hoërskool Merensky se uithouers het onlangs die gesogde goud behaal.
Aangesien hierdie program deelnemers toelaat om tot op 25-jarige ouderdom te kwalifiseer, het Christelize Elbrecht, oud-hoofmeisie van 2015, haar finale goue sertifikaat ontvang. Sy studeer tans B-ed aan die Noord-Wes Universiteit met spesialisering in Ingenieursgrafika en –ontwerp en Wiskunde.

Vier matrikulante voeg hul ook by hierdie prestige-groep. Valeriia Avdysh, Wanga Mboweni, Marlu McLean en Belinda Nzadi is Maandag, tydens saalopening by die skool, vereer. Dit bring Merensky se totale goue kandidate op 6 te staan.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first