Laerskool Tzaneen se Radikale redenaars

26 June 2017  Read: 661

 

Laerskool Tzaneen Primary se grootpraters het daarin geslaag om hul pad na die volgende rondte van die Radikale Redenaarskompetisie oop te stry. Hierdie groep leerlinge sal in September hul standpunt inneem teen ander skolespanne in die omgewing in die hoop om die semi-finale te bereik.
Die spanne bestaan uit Paul Kruger en Karla Maree (Gr2), Anrich van Wyngaardt en Melissa Malan (Gr3),  Sumari Vorster, Tessa van Heyningen en Mieke van Wyngaardt (Gr5), Moné Venter (Gr6) en Carl Dohse, Wessel de Kock, Maynard Kleynhans en Johan van den Heever in die Gr7-span.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first