Plasie trio stry goed in debat

21 June 2017  Read: 415

 

Op Saterdag, 10 Junie, het Hoërskool Merensky se kordate junior debatspan stem dikgemaak tydens die semi-finale ronde van die ATKV-debatskompetisie vir hoërskole. Hierdie kompetisie is aangebied by Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank.

Suandrie Corbett, Jamie Robertson en Dirk Crafford het in ‘n warm debatsgesprek te staan gekom teen ‘n span van Hoërskool Nelspruit. Argumente vir- en teen die onderwerp “Kultuurverskille moet ‘n deurslaggewende rol speel in die opstel van skoolreëls,” het oor en weer gevlieg.  Die beoordelaars het omtrent gegons nadat die twee spanne mekaar behoorlik laat les opsê het. Suandrie het uitstekend repliek gelewer. Alhoewel die span nie deurgedring het na die ATKV-finaal nie, het die Plasie-span nie een treë teruggestaan nie en het hierdie debatsgesprek die kroon gespan op maande se voorbereiding en oefening.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first