Dis nou 240 onderskeidings

23 May 2017  Read: 386

 

Twaalf voormalige Graad 12-leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster het na die hermerk van hul vrae-stelle, nog beter gevorder as voorheen berig.

Die volgende studente het ‘n paar ‘A’s by hul matriekuitslae bygevoeg wat die totale getal vakonderskeidings, vir die Vossies, na die 240 kapmerk skuif.

Juané Croukamp het 1 ‘A’ bygekry vir Lewenswetenskap terwyl Niki Thompson, Johannes Jacobs, Gustav Booysen, Shandukani Mudua en Gabriel Pretorius elk ‘n onderskeiding vir Engels FAL bygekry het.
Duan Schoeman het twee onderskeidings vir Engels en IGO by sy uitslae gelas terwyl Gretchen Bekker en Sumari Erasmus elkeen ook twee onderskeidings vir Engels en Wiskunde vakke bygekry het.

Jannes vd Merwe, Camilla Phakula en Talenta Mabunda het elkeen ‘n ekstra onderskeiding vir onderskeidelik IGO, Wiskunde en Ekonomie bygekry.

Die nuwe uitslae beteken dat Gretchen Bekker nou spog met ses onderskeidings en Duan Schoeman met vyf.

“Julle Vossie-familie is so trots op julle uitslae en wens elkeen van julle net voorspoed toe vir die toekoms wat nou op julle wag.”

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first