Bulletjie kuier by die Larries

23 May 2017  Read: 329

 

Hoërskool Merenksy se eie “celebrity” het Dinsdagoggend per helicopter op die rugbyvelde van Laerskool Tzaneen Primary aangekom. Bulletjie se besoek was deel van Merensky se jaarlikse “roadshow” by dié laerskool waar die Graad 7 leerlinge ‘n vinnige voorlegging gegee is. Tydens die voorlegging is daar aan die leerlinge verduidelik wat hulle kan verwag wanneer hul volgende jaar as groentjies in Plasieland aankom.

Die Merensky waardes is vir hul verduidelik en Bulletjie het selfs die Groooove Moooove vir sy aanhangers aangeleer. Daar is vir al die leerlinge ‘n kans gegee om Bulletjie te ontmoet voordat sy vertrek terug Plasieland toe om verder aan die rolprent “Pad na my Blou Hart” te werk. Bulletjie is een van die hoofrolle in al agt die film-produksies wat tans by Merensky geskiet word.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first