Larries neem deel aan super 12 redenaars

13 March 2017  Read: 544

 

Die jaarlikse Super 12 redenaars kompetisie het die 3de en 4de Maart plaasgevind by Laerskool Hennopspark in Centurion.

Twaalf laerskole  het deelgeneem in die span- en individuele kompetisie afdelings.

In die individuele afdeling het Sumari Vorster ‘n algehele vyfde plek behaal en Johan van den Heever en Waldo de Kock het deurgedring na die finaal.

Die spanredenaars het ongelukkig nie die finaal gehaal nie, maar het nogtans die gehoor vermaak met ‘n baie relevante praatjie, “’n Pot vol leuens aan die einde van die reënboognasie.”

Aan al die Larries wat deelgeneem het, Anrich van Wyngaardt, Karla Maree, Tessa van Heyningen, ons is ongelooflik trots op jullle. Nou lê die volgende rondte van die ATKV en Radikale Redenaarskompeti-
sies voor.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first