Proesstraat vertoning ‘n treffer

21 February 2017  Read: 711

 

Die langverwagte Proesstraat vertoning het, ‘n opvoering deur die onderwysers van Ben Vorster, het op 2 Februarie plaasgevind.  Die onderwysers het opdragte, wat deur die spelleier gegee is, uitgevoer sonder dat hulle geweet het wat op hulle wag.

Die aand het afgeskop met die gasspreker, Cedric, wat ouers en kinders kom toespreek het oor hóé en waar om jou “passion” te vind.  Cedric en sy twee vriende sal later in die jaar weer invlieg om hulle wyshede met ons te kom deel.

‘n Paar sangers het ook ‘n draai kom maak – Barbie,Ken en selfs Elvis het kom kuier.  Die Vossies en die publiek het die aand terdee geniet en so is ‘n nuwe tradisie begin.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first