15 February 2017 Read: 253
Met die Groentjie-konsert en oriënteringstydperk uiteindelik agter die rug, is die Graad 8’s verlede Vrydag amptelik as volwaardige “Vossies” ingelyf. Na afloop van die hekkieloop en die jaarlikse boomplant-tradisie, het die Graad 8’s hulle swembroeke aangetrek om by ‘n reuse water glybaan af te gly en aan waatlemoene te smul. So het hulle volwaardige Vos-sies geword.
0 Comments