Getroud op 80 jaar

19 June 2018  Read: 29

 

Die liefde het nie ‘n ouderdomsbeperking nie. Hierdie is Dinsdagoggend duidelik gemaak toe oom Piet Backhaus (80) en tannie Dirkie Joubert (77) tydens ‘n intieme seremonie in die saal by Goue Jare tehuis in Modjadjiskloof, die knoop deur gehaak het.

Die twee verliefdes is nou wel getroud, maar tannie Drikie reken dit gaan glad nie oor die fisiese nie – sy wil oom Piet net oppas. Die egpaar sal nou die res van hul tyd saam by Goue Jare as meneer en mevrou Backhaus deurbring.

Die seremonie is deur Ds Dewald Vermaak afgehandel met Ds Fanie Beukes wat die verrigtinge geopen en gesluit het met sang. Bulletin wens die pasgetroudes net voorspoed en liefde toe.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first